Die 23-jarige Dewald Louw is gebore in Durbanville, getoë in Bloemfontein, en was tot en met kykNET
IDOLS in 2006 'n tweede jaar BA Mediastudie-student aan die Universiteit van die Vrystaat. Tydens sy
studies het hy gereeld in teaterproduksies opgetree, waaronder sy eie een-man vertoning DEWALD
AKOESTIES tydens die Volksblad Kunstefees in 2005. Hy was vir 12 jaar verbonde aan die Phillip Kotzé
Sangskool, waar hy ook gedurende 2005/6 as sangonderwyser klasse gegee het.
Dewald Louw Feite:
- In 1999 was hy 'n kategoriewenner tydens Radio Kansel se Tehila sangkompetisie.
- Dewald het sy TV-debuut in 2000 op Noot vir Noot gemaak toe hy as gaskunstenaar opgetree het.
- In 2001 het Dewald sy debuut-CD, "Dewald" uitgereik by Spirit Music.
- Aan die begin van 2002 was hy die jongste finalis in die ATKV Liertoekening vir "beste debuut-CD".
- Hy het sy eerste produksie, Dewald Akoesties, tydens die Volksblad Kunstefees in 2005 gedoen.
- Hy was 'n Idols Top32-finalis in 2003 & wen die eerste kykNET Idols in 2006.
- Dewald speel in 2007 die titelrol in Peter Pan, in die bekende Pantomime van Janice Honeyman.
- Sy album, In Jou Oë, het in 3 afdelings by die eerste AFR Musiek Toekennings gewen. In 2009 word Dewald se tweede album, EK EN JY, vrygestel. Beide albums is vir Huisgenoot Tempo Toekennings genomineer.
- Bekende liedere soos, Lekker Kry, behaal nommer 1 posisies op radio stasies reg oor Suid Afrika.
Dewald het in die afgelope drie jaar 'n rekordgetal van 320 optredes by skole, kerke, feeste en korporatiewe funksies opgetree gedoen waar hy van sanger tot seremoniemeester ingespan is. Hoogtepunte was beslis die KKNK en Aardklop, die Kaapse Jol, die Deuriemikke Karnaval, verskeie TV-optredes, waaronder sy tweede verskyning op Noot vir Noot en 'n paar groot korporatiewe funksies vir onder andere Bidvest en SAB.
Dewald het al sy verskyning op verskillende tv programme gemaak. Van hulle sluit in Egoli, Kwela, DKNT, Noot vir Noot, Yo-TV & Glitterati.
Kaapse Jol CD & DVD (2007)
Ons Eie Loslappies 4 (2008)
"Lekker Kry" - Musiekvideo